Copyright © 2010  Designed and Maintained by: Garden Route Web Projects cc

Tuisblad Oord Galery Kontak Ons

Die aftree-tuiste vir gemoedsrus en lewensvreugde.

Historiese agtergrond

Deur die ywer van die destydse Hartenbos Munisipale Raadslede onder leiding van die huidige Burgemeester van Mosselbaai, Raadsdame Marie Ferreira, is die droom van ‘n aftree-oord in Hartenbos verwesenlik.  Die heel eerste inwoners het in 1994 hul intrek geneem.  Reg van die begin af het hulle hul dit ten doel gestel om van Hartenrus ‘n pragoord te maak.  Die amptelike inwyding van Hartenrus het op 19 Augustus 1995 plaasgevind.

Hartenrus se missie

Die missie van Hartenrus is om aan senior burgers op ‘n langtermynbasis binne die raamwerk van toepaslike wette op ‘n ekonomiese wyse sonder winsoogmerk en sonder bevoordeling van enigeen ‘n veilige hawe te voorsien en hoë gehalte diens te lewer vir gelukkige samesyn en gemoedsrus ten einde hul laaste lewensjare waardig en kommervry te kan deurbring.

Lewensreg

Hartenrus is ‘n lewensregskema.  ‘n Inwoner verkry nie eienaarskap van ‘n wooneenheid nie, maar wel die reg om ‘n wooneenheid lewenslank te bewoon.

Huisvesting

Daar is ‘n verskeidenheid wooneenhede by Hartenrus beskikbaar wat wissel van enkelkamers en woonstelle tot twee- en drieslaapkamerhuise.

“ Hartenrus, die verstandige keuse om die beste jare van u lewe sinvol en kommervry deur te bring.”
Waar is Hartenrus geleë?

Hartenrus is op Hartenbos in die Suid-Kaap, ongeveer 7 kilometer van Mosselbaai af.  

 

Die wooneenhede is geleë op die oewer van die Hartenbosrivier binne loopafstand van Hartenbosstrand en met ‘n uitsig op die Outeniquaberge.