Copyright © 2010  Designed and Maintained by: Garden Route Web Projects cc

Tuisblad Oord Galery Kontak Ons

Die aftree-tuiste vir gemoedsrus en lewensvreugde.

• Hartenrus is bedoel vir mense wat ‘n rustige en sorgelose aftrede wil geniet.

• Die klein en intieme gemeenskap van Hartenrus wat saamstaan en mekaar ondersteun, skep ‘n   gees van samehorigheid wat die oord uiters gesog maak.

• Hartenrus is nie net ‘n woonplek vir afgetredenes nie.  Dit is ‘n lewenswyse wat aan die inwoners ‘n   aangename verblyf met rus, vrede en gemak bied.

• Die feit dat ‘n mens te enige tyd in die oord kan rondbeweeg en op mede-inwoners se hulp en   bystand kan staatmaak, dra by tot gemoedsrus en ‘n gevoel van veiligheid

Mediese dienste

• Hartenrus beskik oor ‘n puik versorgingseenheid met ‘n volledig toegeruste siekeboeg en kliniek.    Hierdie fasiliteite maak dit ‘n besliste oorweging om verblyf in die oord te bekom.

• Die versorgingseenheid maak voorsiening vir ouer persone wat steeds onafhanklik maar binne bereik    van verpleeghulp wil wees.  Terselfdertyd word verswakte bejaardes hier versorg.  Die    versorgingseenheid het ‘n hegte verbintenis met die Kankervereniging van Suid-Afrika.

• Die siekeboeg waar 15 pasiënte opgeneem kan word, is hoofsaaklik tot die beskikking van   inwoners.  Inwoners met skete en kwale word op ‘n 24 uur-basis deur opgeleide en toegewyde   personeel verpleeg.

• Enige lid van die publiek wat op ‘n deurlopende dag-tot-dag-basis versorging benodig, hetsy vir die   kort-, medium- of langtermyn, kan ook van Hartenrus se verpleegdiens gebruik maak.

• Die verpleegdiensbestuurder beskik oor ‘n praktyknommer.  Die voordeel hieraan verbonde is dat   uitgawes geëis kan word van mediese fondse wat die diens goedkeur.

Veiligheid en gemoedsrus
Fasiliteite
Uitstaande kenmerke van Hartenrus

• Gematigde klimaat

• Vakansie - atmosfeer by ATKV Hartenbos -   strandoord

• Sekuriteitsomheinde kompleks

• Naby George - lughawe

• Naby uitstekende mediese dienste en hospitale

 

• ADSL -  Internettoegang                                  

• Sosiale aktiwiteite

• Eetsaal                                                          

• Vervoer

• Biblioteekdiens                                               

• Wasgoeddiens

• Administratiewe kantoor                                                            

 

• Vriendelike en behulpsame inwoners en   personeel.

• Bekostigbare heffings.

• Loopafstand van sakekern en die strand

• Naby rolbal- en gholfbane en gimnasium

 

• Noodknoppiestelsel                                

• TV-diens                                               

• Posbus

• Haarkapper

• Voetediens